on the air: fanplastiek

status: active | phase: pitching

instagram: #fanplastiek | facebook: /Fanplastiek

we are currently working on a project in Sutherland in conjunction with Afrikaburn and funded by the Department of Arts and Culture. today H was interviewed about the project and Fanplastiek on Afrikaans radio station RSG.

although her interview didn’t get to cover all of her prepared notes (and an english word slipped in here and there despite the script)… which is here, if you understand

Wat is SKOP 

SKOP (Sutherland Kuns Opvoedings Projek) is deur ons vriend Nathan Honey begin – sedert 2014 bou hy jaarliks op Sutherland n groot kunswerk vir Afrikaburn. Die kunswerk is uniek in die sin dat hy mense, wat op die stadium van die bou werkloos is, aanstel en leer hoe om met verskeie tipes gereedskap te werk en bou tegnieke toe te pas. 

Saam beplan en bou hulle dan die struktuur, gewoonlik uit omtrent 90% herwinde materiaal, in Sutherland se stof voordat dit opgepak word en weer in die Tankwa Karoo vir die fees opgerig word. 

Hoe is ek betrokke?

Nadat ek en my lewens maat Raynard uitgetree het as leiers van Afrikaburn se Department of Public Works (dis nou die span wat vir maande in die Tankwa Karoo bly om al die publieke infrastruktuur vir die tydelike stad wat so 12 000+ feesgangers huisves, te bou en weer af te breek en alles mooi weg te pak) het ons in 2019 saam met Nathan en die SKOP span n kunswerk gebou. 

SKOP’21 projek?

Covid het natuurlik veroorsaak dat die fees nie in 2020 of 2021 plaasgevind het nie, maar Nathan en AB het steeds aansoek gedoen vir bevondsing vir n SKOP by die Nasionale Departement van Kuns en Kultuur. Twee weke terug het 50% van die bevondsing uiteindelik deurgekom, maar sonder sprake van uitstel op die sper datum. En dis waar ons toe inspring, want Nathan is tans in die film bedryf aan diens en ons kon onsself beskikbaar maak. 

Die idee van die projek, oorspronklik, was om lede van die klein, geïsoleerde gemeentskap van Sutherland te kry om navorsing te doen oor hoe die Khoe en die San destyds hul hutte gebou het. Dan word daar probeer om met n kombinasie van die mees relevante van die ou metodes en volhoubare hedendaagse materiale en kennis, weer sulke hutte te ontwerp en bou. 

Daar sou dan twee sulke strukture opgerig word; een in Sutherland (wel bekend as die koudste dorp in die land, waar dit tot -16 kan raak) en een op Afrikaburn se gronde (ongeveer 65km die Tankwa in, waar die kwik in die somer maklik tot 50’C kan klim). Weers omstandighede en kondisies sou dan deur middel van klein weer stasies binne en buite die twee hutte gemonitor word -om te bepaal hoe beskermend die strukture is teen ekstreme weer en wind. 

Tans?

As gevolg van die kleiner befondsing en baie korter tydslyn moes ons die planne redelik ver eenvoudig – so tans is ek, Raynard en ses dames van Sutherland (Maridine Jason, Carmen de Bruyn, Martha Manella, Desire de Wet, Anthea Brown en Mona-Lisa Roman) besig om te beplan dat die biesies bewe, letterlik. Ons doelwit is om teen middel Mei n prototipe van die span se ontwerp in Kaapstad uit te stal en sodoende fondse in te samel om wel in die toekoms die volledige projek aan te pak.

Hoe pas Fanplastiek in?

Fanplastiek is Platform se eerste projek – n inisiatief met die doel om plastiek afval, vullis en herwinning nuwe lewe te gee en so geleenthede vir werk en ekonomiese opheffing van kwesbare gemeentskappe te skep.

Die basiese plan is gebaseer op die baie suksesvolle model van die Nederlandse Precious Plastics, maar ons het dit aangepas om relevant te wees tot die unieke ekonomiese en sosiale klimaat van SA. 

Die idee is om plastiek in te samel, te versnipper en dan te smelt en vorm in n nuwe produk – n bruikbare ding wat in dieselfde gemeenskap as waar die vuilis gegenereer word, gebruik of verkoop kan word. So verander mens die aansien van plastiek en maak jy dit ekonomies lewens vatbaar vir n dorp of buurt om dit uit die vullisblik en ashoop te hou. Plastiek is n wonderlike uitvindsel, maar hoe ons dit tans (mis)gebruik, is waar die probleem lê, en soos ons nou oor die toekoms daarvan dink raak die wye spektrum van moontlikhede baie opwindend – soos byvoorbeeld, ons is tans besig om met die argitek en projek bestuurder van die eerste hoërskool op n klein dorpie te werk, om te sien watter en hoeveel infrastruktuur gemaak kan word van materiaal wat gered word uit die veld, riviere en vullishope om die dorp. Met die hoop ons om die jeug van kleins af te leer innoveer en om die omgewing te respekteer.  

Fanplastiek x SKOP?

So ons probeer dus nou om die amper twee jaar se ekstensiewe navorsing en ontwikkeling wat ek en Raynard al gedoen het (insluitende n ses maande tydperk waartydens ek die groter prentjie ontwikkel het as deel van die Design Science Studio, n projek inkubator deur die Amerikaanse Buckminster Fuller Institute en die Universiteit van Kalifornie) in te vleg (letterlik) by die SKOP projek. 

Want Sutherland is n ideale kandidaat vir die Fanplastiek model. Die dorp se ligging beteken dit maak nie finansieel sin om enige materiaal na die naaste herwinning-aankoper te vervoer nie, so alles word net buite die dorp uitgebrand en toe gestoot onder die grond. Terwyl noodsaaklike produkte en bou materiaal ens moeilik bekombaar en duur is omdat alles van so ver moet kom. Om nie eers te begin praat van die hordes rooi plastiek proppies van goedkoop wyn houers, wat oral in die stof strate te siene is nie…

So ons voel baie bevoorreg op die oomblik dat ons ou en nuwe paaie kruis by n kuns projek. Want uiteindelik, as die model floreer in n gemeentskap, wil ons die Fanplastiek masjinerie gebruik om groot publieke kunswerke te bou wat baie werksgeleenthede met lae belemmering tot toetrede skep EN terselfdetyd die boodskap van hernuwing bevorder, en om ook plaaslike kunstenaars te kan vergoeding aanbied om plastiek as medium te gebruik.

FANPLASTIEK in SA?

Ek sien geweldig baie potensiaal in die model om Suid Afrika aan die globale voorpunt van herwinningsinnovering te plaas. Die plastiek probleem is oorweldigend, en dit raak ons almal, maar dieselfde kan gesê word van die geleenthede. Verbeel jou elke dorp, afgeleë kamp plek of plaas, voor stad en township pas die model van n sirkulêre ekonomie aan om hul eie plastiek afval te verwerk en terselfdetyd hul unieke benodighede te produseer, en dit nogal met n piepklein koolstofvoetspoor. 

Watter hulp benodig ons / call to action vir luisteraars:

Platform is altyd opsoek na mense of besighede wat bereid is om hulle vaardighede, tyd en hulpbronne beskikbaar te stel om jong kreatiewe entrepeneurs n beter platform te bied. 

Enige iemand kan by ons databasis aansluit – daar is n form op ons webtuiste http://www.platform.org.za

Tans soek ons spesifiek die konsultasie van ingenieurs, herwinning maatskappye; prokureurs en reken meesters wat buite die boks dink 

en ons verwelkom kontakte na enige organisasies, inisiatiewe of ander moontlike befondsing avenues in die nie-winsgewings domein.

Published by quietriotgirl

what is so crazy about being different, she wondered, quietly.

Leave a comment